Ons maak vir jou deure oop!

Tuisblad

Kontak ons

Waarom Klopnet

Waarom Klopnet en TABOK?

 

Veranderende kulturele omstandighede in Suid-Afrika dra daartoe by dat onderrig in Afrikaans al meer onder druk verkeer.  Tydens die afgelope 10 jaar het Afrikaans enkelmedium-skole van sowat 2500 tot net meer as 800 verminder sodat daar binnekort geen Afrikaanse skole meer oor sal wees nie. 

Skole word ook deur politieke druk forseer om na parallel- of dubbelmedium om te skakel.  Navorsing het getoon dat sodra ‘n skool na parallel- en/of dubbelmedium omskakel, groot getalle leerders wat onderrig in Engels wil ontvang, die skool instroom.  Dieselfde gebeur reeds ook met Afrikaanse universiteite.  Saam met die Afrikaanse taal word ook die kultuur en godsdiens vernietig.

 Daarteenoor word dubbelmedium-onderrig egter nie van enige Engelsmedium-skole of tersięre inrigtings verwag nie. 

Op sport, kulturele, taal, ekonomiese, sosiale en ander terreine kom die Afrikaner se erfenis elke dag al meer onder druk en word dit getransformeer tot onherkenbare, vreemde alternatiewe.  TABOK het drie jaar gelede daaraan aandag begin gee om in besonder die behoud van ‘n eie taal, kultuur, godsdiens op onderwysvlak en ander eie strukture van belang vir die Afrikaner as ‘n etniese of nasionale, kulturele, taal en godsdienstige minderheidsgroep.  Hierdie definisie is nie volksvreemd nie en is vervat binne die RSA grondwet en ook internasionale bepalings.  Meer nog, dit is bloot ‘n hedendaagse omskrywing van die begrip “volk”. 

Die Afrikaner sal nie die eerste – en ook nie die laaste etniese/kulturele minderheidsgroep wees wat sy regte in hierdie verband opeis nie.  Daar is tans verskeie internasionale sake aanhangig oor hierdie bepaalde regte.  Ander groepe wat dit reeds uitoefen is die Maori’s in Nieu-Seeland, Vlaminge in België, Baske in Spanje, Roemeniërs onder Hongaarse beleg en vele meer. 

Die “Unrepresented Nations and Peoples Organization” (UNPO) het huis einde September 2006 in Den Haag die selfbeskikkingsreg van volke tydens ‘n internasionale kongres op die spits gedryf.  Hulle versoek die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering dringend om daadwerklike erkenning van die selfbeskikkingsbeginsel van volke.  Alle regte, insluitend etnies/kulturele regte, individuele regte, minderheidsregte ens. Is inbegrepe onder die omvattende selfbeskikkingsreg van ‘n volk. 

Grondwetlike/internasionale bepalings 

Die volgende grondwetlike en internasionale bepalings is belangrik wanneer daar aan hierdie saak aandag gegee word: 

Onderwys

Art. 29(2) Reg op enkelmedium-onderwysinstellings word erken.  RSA grondwet.

Art. 29(3) Reg op onafhanklike onderwysinstellings word erken.  RSA grondwet.

Art. 29(4) staatsubsidies aan onafhanklike onderwysinstellings is nie uitgesluit nie.  RSA grondwet. 

Kultuur/taal/godsdiens:

Art.31(1) Kulturele-, taal- en godsdiens-gemeenskappe se reg om op eie organisasies in burgerlike gemeenskap te vorm.  RSA grondwet. 

Selfbeskikking:

Art. 235 Die reg op selfbeskikking t.o.v. taal, kulturele en godsdienstige regte van minderheidsgroepe binne die nuwe Suid-Afrika word erken.  RSA grondwet. 

By die uitleg van RSA handves van regte:

Art.39(1)b. Moet ‘n hof, tribunaal of forum die volkereg in ag neem.  RSA grondwet.

Art. 39(1)c. Kan ‘n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem.  RSA grondwet.

Art 39(3) Word die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die gemenereg, gewoontereg of bestaande wetgewing erken of verleen word, nie ontken nie.  RSA grondwet. 

Internasionale bepalings

Art.27 van die internasionale konvensie oor die burgerlike en politieke regte ten opsigte van lede wat aan ‘n etniese/nasionale, kulturele, godsdienstige en/of taalgebonde minderheidsgroep behoort. Verenigde Nasies.,(VN) 

Resolusie 47/135 van 18 Desember 1992.  Voorskrifte vervat in die “Declaration on the Rights of Persons Belonging to National or Ethnic, Religious and Linguistic Minorities” Verenigde Nasies (VN) 

Bestaande instellings. 

Ongeag of hulle grondwetlik gedefinieerd of wetlik geregistreer is, is daar ‘n verskeidenheid organisasies wat reeds namens ander etniese/kulturele minderheidsgroepe binne die RSA optree nl.: 

  • Kaapse Klopse – Kleurlinge
  • Black Schools Sports Association – Swart gemeenskappe
  • Black Lawyers Congress – Swart regslui
  • Black Officers Forum – Swart polisie offisiere
  • Black Accountants – Swart rekenmeesters
  • Maccabi Beweging – Joodse gemeenskap
  • Indiër Privaatskole vir Gujerati, Tamil, Hindi en Moslems-Indiër gemeenskappe.
  • Traditional leaders / Contralesa – vir al die etniese/kulturele behoeftes en gebruike vir swart gemeenskappe.  Hierdie groepe het waarskynlik die meeste wetgewende gesag wat binnekort verder deur die huidige regering uitgebrei word.  Hulle is ook op suiwer etniese verteenwoordiging saamgestel. Contralesa sluit ook die Afrikaners, Kleurlinge en Indiërs, (etniese/kulturele minderheidsgroepe in eie reg), uit.
  • Swart SARU – Rugbyklubs in die Oos-Kaap en Gauteng.
  • Kleurling SARU – Rugbyklubs in die Boland en Westelike Provinsie.
  • NATIVE CLUB – Les bes, die Presidensie (Sy Fondse) se eie inspirasie vir swart intellektueles.

Belangrikste faktor 

Die belangrikste faktor is nie noodwendig grondwetlike, internasionale of wetlike bepalings nie maar, 

Die daadwerklike opneem en uitleef van etniese/kulturele regte deur minderheidsgroepe binne eie strukture.  Dit kan nie deur ander partye of regerings namens ‘n minderheidsgroep gedoen word nie.  Slegs die minderheidsgroep self kan dit binne sy eie geledere doen m.a.w. selfbemagtiging. 

Die voorbeelde wat genoem is, is almal natuurlike uitvloeisels van sodanige behoeftes en die werking van kragte binne die bepaalde groepe om aan hierdie behoeftes te voldoen.  Dit behoort vir alle minderheidsgroepe gerespekteer te word om vreedsaam en selfopbouend naas mekaar te bestaan. 

Die neem van stappe ten einde Afrikaanse kultuur en opvoedkundige liggame se minderheidsregte lewenskrag te gee, beteken allermins dat die internasionaal erkende selfbeskikkingsreg, wat elke volk se eerstegeboortereg is, prysgegee word, die teendeel is eerder waar. 

Hierdie omskrywing is vanselfsprekend geldig in groot mate vir daardie seksie van die breë Afrikaner-kultuurgemeenskap wat volwaardige selfbeskikking nastreef. 

TABOK se strukture 

Tydens drie jaar se bestaan. moes TABOK dringende aanpassings maak en het in die proses gegroei na drie afsonderlike instellings wat elk binne ‘n bepaalde terrein, uiting gee aan die behoeftes van Afrikaners sowel as Afrikaner gemeenskappe nl.: 

TRUST  VIR  AFRIKAANSE  BEHEERLIGGAME VIR ONDERWYS EN KULTUUR REG NO. 8787/03. 

‘n Trust vir Afrikaner gesinne en hulle behoeftes op die etniese, kulturele, taal, godsdienstige en ander terreine. 

TABOK  ‘N  TRUST  WAT  IN  BELANG  OPTREE  VAN  AFRIKANER  OUERS AS  BEHEERLIGGAME. 

TABOK gee erkenning aan:

  • -  Moedertaalonderrig op skole en tersięre vlakke.

  • -  Grondwetlike reg op enkelmedium-instellings.

  • -  Grondwetlike re op onafhanklike instellings.

  • -  Die professionele status van die onderwys as beroep.

  • -  Die hoogs moontlike standaarde vir onderrig.

  • -  Die regte binne die grondwetlike bestel van die RSA op te eis.

-  Die Afrikaner se kultuur, taal en godsdiens binne hierdie strukture te handhaaf in  termevan die RSA grondwet en internasionale reg. 

NASIONALE AFRIKANER VOLKSEIE SPORTFEDERASIE. (NAVSFED) 

‘n Voornemend oorkoepelende sport-/kultuurfederasie vir individuele volkseie sport-/kulturele organisasies waarbinne die Afrikaner sy sport, kultuur en taal tot op die hoogste vlak kan beoefen om sy eie gemeenskap as etniese/kulturele minderheidsgroep te verteenwoordig. 

Strukturering en beoefening 

Die strukturering en beoefening van regte van bogenoemde organisasies geskied binne die bepalings van die RSA grondwet en internasionale reg ten opsigte van die regte van etniese/nasionale, kulturele, taal en godsdienstige minderheidsgroepe. 

1.TABOK vir ouers en individuele lede: 

Tabok as Trust stel hom ten doel om:

1.1 Afrikaner ouers en individuele Afrikanerlede behulpsaam te wees met ‘n unieke lidmaatskapkaart met outomatiese toegang tot;

a.  Debiet bankkaart (Saswitch en Visa vanaf April 2007).

b.  Infinity afslagkaart.

c...Kontant begrafnisplan vir gesin.

d.  Regspolis vir gesin (R60,000 mediasie + R35,000 litigasie per jaar).

e. Netcare 911 padbystand vir 24 uur per dag.  Sluit veelvoudige hulp in.

f.  Tabok se TABOK Bloeddienste databasis en hulp.

g.  Netcare 911 se HIV voorkomende program.

h.  Gesubsidieerde lugtyd vir selfone.

i.  Kostelose e-pos adres by Klopnet.co.za.

j.  Kostelose elektroniese faksfasiliteit.

k.  Hulplyn deur voltydse kontaksentrum.

Nommer 0861 4TABOK

Alles vir R122.00 per maand.

(www.tabok.co.za Lidmaatskap)

1.2 Hulp met eie onderwysstrukture op nasionale vlak.

1.3 Geleenthede op sport- en kulture terreine deur plaaslike sport-/kultuurklubs te  finansier.

1.4 Skep van verbandfinansierings en registrasie van transportaktes vir opbetaalde lede teen kontant kortings.

(qbisobel@telkomsa.net).

1.5 Volledige internetdienste teen gesubsidieerde pryse vir opbetaalde lede (admin@klopnet.co.za). 

  1. TABOK ‘n trust wat in belang optree van Afrikanerouers as beheerliggame

TABOK stel hom ten doel om 

2.1  ±8% van ons skole (2 100 laerskole en 700 hoërskole) as enkelmedium Afrikaanse privaatskole daar te stel.  Proporsioneel die Afrikaner se aandeel volgens bevolkingsgetalle.

2.2  ten minste drie Afrikaanse universiteite en kolleges as enkelmedium-instellings daar te stel.  Proporsioneel die Afrikaner se aandeel volgens bevolkingsgetalle.

2.3  die Afrikaner se taal, kultuur, godsdiens in bogenoemde instellings te bevorder en toe te pas.

2.4  verhoogde en internasionale aanvaarbare standaarde in bogenoemde instelling te handhaaf.

2.5  eie onderwysers op te lei.

2.6  pensioen- en mediese fondse vir die lede by Afrikaanse skole op0 te rig en te dryf.

2.7  Afrikaanse beheerliggame van sodanige skole te bemagtig, op te lei en te ondersteun.

2.8  ‘n omvattende litigasie fonds met gepaardgaande regsafdeling vir lede se behoeftes tot stand te bring. 

3. NASIONALE VOLKSEIE SPORTFEDERASIE (NAVSFED)

NAVSFED stel hom te doel om

3.1  die Afrikaner se kultuur, taal en sportbehoeftes binne eie volwaardige strukture te beoefen deur

-sport-/kultuurklubs op plaaslike vlak te sig.

-streek/provinsiale strukture te skep.

3.2  nasionale en internasionale deelname van die Afrikaner se sport, taal en kultuur te bevorder.

3.3  die toetrede van NAVSFED en sy individuele strukture tot internasionale strukture te verseker.

3.4  ‘n eie simbole vir die Afrikaner as etniese/kulturele minderheidsgroep te verseker tydens beoefening van sy sport en/of kulturele regte.

(www.NAVSFED.co.za)

RIG ALLE NAVRAE AAN KONTAKSENTRUM 0861 4TABOK

 

Medewerkers
 


NAVSFED


TABOK


TOERNET


TWO

 


Jy is besoeker nr.